Home / News / Toppresteerders word vereer

“Dit is tyd dat ons werklik elke skool in ons streek se toppresteerders in graad 12 vir hul harde werk, dissipline, en vir die feit dat hulle bo hul omstandighede uitgestyg het, vereer.”

Só het Claude Schroeder, uitvoerende direkteur vir landelike en sosiale ontwikkeling, Vrydagaand tydens die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) se Toekenningsgeleentheid vir Toppresteerders gesê.

Die KWDM het 49 voormalige matriekleerlinge van skole in die Kaapse Wynland-streek vereer. Schroeder het die geleentheid as geskiedkundig beskryf en ook gesê dat dit in die toekoms ’n jaarlikse gebeurtenis sal wees.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van dié munisipaliteit is 59 openbare skole en ’n paar privaat skole uitgenooi om hul beste leerling na dié geleentheid toe te bring.

Die geleentheid is deur die KWDM in vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Onderwys aangebied. Elkeen van die toppresteerders is met ’n sertifikaat vir uitnemendheid tydens sy of haar matriekjaar in 2012 beloon.

Die leerlinge het ook die geleentheid gekry om hul plaaslike burgemeester te ontmoet.

Neels de Bruyn, die KWDM se burgemeester, het die leerlinge aangeraai om altyd na uitnemendheid te streef. “Ek hoop dat julle nooit sal vergeet om aan die gemeenskap waar julle vandaan kom, terug te gee nie,” het hy gesê.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2013-05-26
Please select your area for forecast
CPT 12° - 16° icon
PTA 8° - 26° icon
JHB 6° - 24° icon
BLOEM 6° - 26° icon
DBN 16° - 28° icon
PE 11° - 22° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs