Home / News / Diefstal ná toestelle gefnuik is

Drie mans is verlede week vir diefstal vanuit voertuie in hegtenis geneem nadat hulle vermoedelik die afstandbeheerde sluittoestelle van voertuie geblokkeer het en só toegang tot die voertuie gekry het.

Die Standard het verlede jaar in Oktober berig oor dié metode wat booswigte gebruik om mense van hul eiendom te beroof.

Volgens kapt. Mzikayise Moloi, woordvoerder van die Worcester-polisie, wag skurke tot niksvermoedende voertuigeienaars hul voertuig met ’n afstandbeheertoestel sluit waarop hulle ’n tweede toestel op presies dieselfde tyd druk.

Volgens Moloi word die frekwensie van die voertuig se afstandbeheertoestel as’t ware geblokkeer. Hoewel die voertuig steeds sy kenmerkende bliep-bliep-geluid maak, sluit die deure heel dikwels nie en kry skurke op dié manier vryelik toegang tot die voertuig.

Voorvalle van dié aard is aan die toeneem op Worcester, aldus Moloi. Hy raai voertuigeienaars aan om te alle tye doodseker te maak hul voertuig is gesluit ná hulle die sluitmeganisme geaktiveer het. Moloi maan mense ook om op die uitkyk te wees vir verdagte mense wat naby voertuie rondstaan. Boewe kry op ’n soortgelyke wyse toegang tot eiendomme met elektroniese hekke.

Die mees onlangse voorval na afloop waarvan die drie verdagtes in hegtenis geneem is, het in die middedorp plaasgevind.

Die drie mans, Thoba Toni (31), Chris Nqalo (18) en Sizwe Sitshaba Bohumi (24) het verlede Vrydag (8 Februarie) in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Related Articles
  COMMENTS 
 
Barrie wrote:   
2013-02-20 09:00

Dit maak 'n mens bekommerd.
WEATHER
Weather for Friday 2013-05-24
Please select your area for forecast
CPT 9° - 20° icon
PTA 8° - 25° icon
JHB 6° - 23° icon
BLOEM 2° - 25° icon
DBN 15° - 24° icon
PE 13° - 22° icon
Visit AfricaWeather.com for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs