When doing your banking at home, be careful of phone calls from people posing as software companies. The caller will tell you the system is compromised or faulty and ask you to download software. This enables them to get access to your banking login details.
Moenie hulp van vreemdelinge aanvaar by kitsbanke nie. Voorvalle van diefstal waar boewe bankkaarte steel of kloon kom steeds in die area voor.
Vals geldnote is tans in omloop in Worcester. Kyk uit vir R200-note met reeksnommer AS9041577E, R100-noot met reeksnommer JH3339424D en R20-noot met reeksnommer CH5294927B. Stel die polisie in kennis indien daar van dié geld in jou hande beland.
Boewe gebruik verskeie maniere om voertuie se afstandbeheerde sluitingstelsels te fnuik waarop hulle alle items wat waarde het uit jou voertuig steel. Maak seker jy parkeer op 'n veilige plek en dat jou voertuig gesluit is. Moet ook nie enige waardevolle items in jou voertuig laat nie.